SOTTERNIE

Die sotternie is ‘n komiese Middeleeuse toneelvorm uit die 14e en 15e eeu. Dit verskyn saam met die ABELE SPELE, in die Hulthemse handskrif. Die klem val in die sotternie op die humoristiese uitbeelding van die ruwe sedes van die volkslewe. Die seksuele figureer ook sterk hierin. Die sotternie is sinoniem met die clute (cluyte) en die KLUG; die sotternie is ook verwant aan die BOERDE.

Die sotternie is ‘n kort toneelstuk met ‘n ongekompliseerde struktuur. Persone word as tipes uitgebeeld. Bakleiery kom gereeld daarin voor.

Agt sotternieë het bewaar gebly, bv. Nu toch, Playerwater, Lippijn, Drie daghen Here en De buskenblazer.

Die skrywers van die sotternieë is onbekend. Hulle het waarskynlik in oostelike Suid-Brabant ontstaan.

 

Bibliografie

Knuvelder, G.P.M. 1961/1968. Beknopt handboek tot de geschiedenis der Nederlandse letterkunde. ‘s-Hertogenbosch: Malmberg.

Raadpleeg ook:

Privat, J.-M. 1988. Pour une approche ethno-critique des solties. Fifteenth Century Studies, 13(213).

Winser, L. 1981. Magnyfycence and the characters of Sortie. The Sixteenth Century Journal, 12(3).

 
Anna-Marie Bisschoff