PASKWIL

Die paskwil/’pasquinade (It.: pasquinàta: spotskrif) is ‘n skimp- of smaadskrif (lampoon), ‘n venynige, gemene vorm van SATIRE, van ‘n persoon, opgeplak in ‘n openbare plek.

“Pasquinata” is afgelei van die naam Pasquino of Pasquillo, ‘n spot- of skeldnaam wat gegee is aan ‘n antieke, geskende standbeeld wat in 1501 in Rome opgegrawe is. Dit het gebruik geword om die standbeeld op die dag van die Heilige Markus te vereer deur satiriese Latynse verse daaraan vas te heg. Vandaar die betekenis: ‘n skimpskrif wat opgeplak of opgehang is in ‘n openbare plek. Die paskwil/pasquinade het later algemeen geraak in ander lande van Europa. (Vgl. PARODIE.)

 

Bibliografie

Braak, I. 1964/1980. Poetik in Stichworten. Kiel: Hirt.

 
Réna Pretorius