KUBISME

Die Kubisme is ʼn stylrigting wat vroeg in die 20e eeu in die beeldende kunste voorgekom het by o.a. Picasso en Braque. Objekte is in geometriese vorme weergegee. Dit het ʼn invloed gehad op die digters Apollinaire en Reverdy. Hulle probeer om die uiterlike struktuur van hulle poësie tot ʼn minimum te beperk en sodoende die inhoud van hulle werk te beklemtoon: “For poets of that pre-war epoch, c. became the bridge from traditional tech­niques toward a more subtle and flexible comprehension of the subject-object relationship in the arts”, aldus Preminger (1979: 174–175) in die Princeton Encyclopedia of Poetry and Poetics. Apollinaire het begryp dat die Kubisme se verwringing in die weergawe van objekte ʼn nuwe konsep van skoonheid ingehou het en dat daar – anders as wat die kunskritici beweer het – ʼn vierde dimensie geskep is deur die geometriese vorme. Die aspek van die vierde dimensie het Apollinaire gefassineer. Dit het ʼn sekere “simultaneïteit” tot gevolg gehad in gedigte soos “Vendé maire” en talle van sy KORTVERHAAL.

 

Bibliografie

Cooper, D. 1976. The Cubist Epoch. Oxford: Phaidon.

Mackworth, C. 1961. Guillaume Apollinaire and the Cubist Life. London: Murray.

 
Anna-Marie Bisschoff